OOM PIET SE NATUURBEWARINGSHONDE
Philip,
oom Sarel se seun, het die Saterdag saam met ander Philip van Beefmaster en nog
ander maats Philip se geweer kom instel op Palmietpan. Hulle moes gou teruggaan want hulle moes weer
voor sluitenstyd by die werk wees. So
tussen die skiet deur het ou Moeder vir ons pannekoek gestuur. Die weer was besig om te verander. Daar was
reën op pad.
Dit
het Vrydagaand vroegaand al begin reën.
Die jakkalse het by oom Piet op Conovium weer die nag gevang so 300 m
van Ortona se rantjie teen die Bultfontein teerpad. Saterdagaand het oom Piet vir oom Sarel kom oplaai om te gaan kyk of hulle die
jakkalse kry en ook die Rooikat wat agter op Ortona teen Hannes se bosse weer
‘n ooi gevang het.
Oom
Piet het oom Sarel by die huis kom haal met sy bakkie. Hy het sommer dadelik begin lig toe hulle
ry. Hulle is met die teerpad na die
rantjie toe waar die jakkalse gevang het.
By die rantjie speel hulle die kasset maar kry niks. Toe hulle omdraai op pad na die lande toe, kry
hulle die twee blourugge 200 tree onderkant die rantjie. Hulle is te ver om te skiet of om seker te
maak dat dit hulle is. Hulle het weer
die kasset gespeel maar die musiek kon die jakkalse nie nader kry nie. Hulle het net verder padgegee.
Hulle
los eers die jakkalse en ry agter na Ortona toe. Hulle het met die inry sommer links gehou en
omgery na Giep se kant toe. Agter teen
die weiding sien hulle ‘n oog in die paadjie tussen die lande. Toe hulle die oog sien, maak oom Sarel die
ligte van die bakkie dood en hulle ry nader.
Toe hulle so 150 tree van die oog af is, sien hulle dis ‘n
maanhaar. Bloemfontein, oom Piet se een windhond spring
af om ondersoek in te stel. Hy kry die
maanhaar en begin hom jaag. Die maanhaar
vlieg om en storm hom. Hy gryp die
maanhaar aan die boude. Die maanhaar gryp hom aan die neus. So begin die oor en
weer jaag en byt. Hulle is later hier by
die bakkie teen die draad. Die maanhaar
storm weer en Bloemfontein
vlieg weg teen die draad vas. Die maanhaar
gee pad en Bloemfotin kom klim weer op die bakkie. Oom Piet is erg onthuts oor die hond wat gewoonlik
‘n blourug kan
vat, vanaand niks met ‘n maanhaar kan
regkry nie.
Hulle
ry weer om die lande en kry niks. Hulle kom
teen van kamp langs Giep af en maak hulle draai daar onder teen die draad. Hulle kom toe weer terug langs die land se
punt opgery. Hulle sien weer ‘n maanhaar
en Oom Piet los vir Juffrou Bester. Sy
storm die maanhaar en na hulle ontmoeting kom sy terug en kom spring weer op
die bakkie terwyl die maanhaar vir ons staan en kyk. Oom Piet sê hy kan doen sonder sulke treurige honde. Oom
Sarel sê toe vir hom: ”Jy het goeie natuurbewaringshonde. Hulle los die maanhare maar vang die
jakalse.” Oom Piet gee net ‘n snork van
verontwaardiging. Hulle ry toe terug pad
toe en drink bo by die dam tee.
Hulle
het van die bult af, deur Ortona, langs die onderste land afgery maar niks
gekry nie. Toe hulle onder by die Gwarrie
weer in die pad kom, sê oom Piet hulle moet net weer gaan kyk wat was die oë
wat hulle gesien het. Toe hulle by die
plek kom waar die jakkalse die vorige aand gevang het, kry hulle die jakkalse weer
daar. Oom Piet sê net: ”Stop! Hier is
hulle!” oom Sarel vlieg uit met die ,243 geweer en sien hoe die een jakkals in
die lig weghardloop. Hy kyk deur die
teleskoop. Die gras is so lank dat oom
Piet nie die jakkalse kan
sien nie en oom Sarel beduie vir oom Piet waar hy moet lig. Die jakkals hardloop tot bokant die vlei uit
die lang gras en gaan staan dwars vir hulle en kyk. Toe die skoot klap, is hy weg en oom Piet
begin die ander een soek. Hy sien hom
nie 100 tree van hulle af steeds in die lang gras nie. Die honde raak toe so onrustig op die bakkie
dat oom Sarel nie kan
skiet nie. Hy sien net hoe hardloop die
jakkals weg tussen die kruishare van die teleskoop. Hulle roep hom met die kasset speler maar dit
help niks nie. Hy is weg. Hy het die pad gevat.
Hulle
gaan toe weer terug na Conovium se hek om aan die ander kant van die draad te
kom. Toe die manne weer daar kom waar hulle
die jakkals gesien het, begin hulle hom soek na die vlei se kant toe. Teen die vlei draai hulle links en ry teen
die bosse langs terug. Oom Piet klop op
die dak en sê: ”Hier is die jakkals in die bosse voor ons.” Oom Sarel is uit by die deur met die geweer
in die hand. Toe hy die jakkals weer
soek, is hy weg.
Oom
Piet lig op en af in die bosse, maar dis doodstil. Die volgende oomblik sien hulle die jakkals
70 treë regs van waar hy was, tussen die bosse. Oom Sarel lê aan. Die jakkals begin na regs draf aan die
anderkant van die vleitjie. Toe hy weer
agter ‘n bos uitkom, fluit oom Piet vir hom.
Die jakkals gaan staan. Oom Sarel
lê aan. Toe hy die sneller druk, voel dit of die skoot nie wil afgaan nie. Hy
kyk dat die slot behoorlik toe is. Hy
lê aan en skiet. Die skoot klap en die
jakkals skree en byt na sy boude se kant toe.
Oom Piet sê: ”Los die honde!” Hy kan nie help nie want hy
moet lig en en die honde ruk so aan die toue dat oom Sarel hulle nie kan loskry nie. Gelukkig kry hy vir Vlam en Bloemfontein los. Jufffou Bester trek so aan haar tou dat hy
haar nie loskry nie. Oom Piet sê : ”Ry
nader!” Die jakkals hardloop agter die
bome in dan verloor ons hom!” Oom Sarel spring
in die bakkie en laat vat. Gelukkig het
die honde die jakkals toe al gevang maar hulle kry hom nie lekker onder nie. Toe hulle by die honde stilhou, gryp die
jakkals vir Bloemfontein
aan sy neus. Oom Piet los vir Juffrou
Bester. Bloemfontein tjank dat jy hom wie weet waar kan hoor. Oom Piet sê vir hom: ”Dis jou verdiende
loon!” Jy weet mos nie waar om te byt
nie. Toe die jakkals hom los, vat hy die
jakkals aan die keel. Die honde maak hom
klaar en hulle laai die jakkals op. hulle ry tot waar hulle die ander een
geskiet het en laai die een ook op.
Oom
Sarel sê vir oom Piet: ”Wat het ek vir jou gesê? Hierdie honde is afgerig vir
natuurbewaring. Hulle los die Maanhaar,
maar hulle weet wat om met ‘n blourug jakkals te maak wat hulle oubaas se
lammers vang!” Ons vat die jakkals huistoe
dat Blessie en Een-Ogie, die twee Jack Russells hom verder ‘n les kan leer. Die twee hou ook daarvan om ‘n byt in te kry
op die jakkalse wat geskiet word.
Die
manne het lekker gelag oor oom Piet se natuurbewaringshonde.. Hulle moes vanaand die kameras van 50/50 of
Carte Blanche daar gehad het om te sien hoe word die dinge gedoen. Hulle het die jakkalse lekker op hulle “watsum”
gespeel. Dis nie elke aand dat jy die
mannetjie en die wyfie jakkalse saam op
die bakkie laat ry nie.
MOET HULLE NIE MET DIE KRUIT BRAND
NIE.
Dit
is die Woensdagaand voor die skou van 1999.
Die dorper boere moes die volgende van hulle vee bring na die skou vir
beoordeling. Oom Piet het die middag al
klaar sy bakkie se tralies opgesit vir die volgende dag se dinge. Teen sononder bel oom Giep, sy buurman hom en
sê die jakkalse skreeu baie daar agter teen Ortona.
Oom
Piet bel en vra of oom Sarel kan
saamry. Hy gaan nie die honde vat
nie. Hulle sal maar vanaand die jakkals
moet skiet as hulle hom kry. Oom Sarel bied
aan om met sy bakkie te ry en om sy honde te neem, maar dit help niks. Hulle ry met oom Piet se bakkie en oom Sarel skiet
vanaand. Die honde kan nie saam nie.
Hulle
ry tot by die pannetjie agter op Ortona en draai tussen die twee lande in op na oom Giep se kant toe. Hulle sien ‘n oog in die land. Hulle hou stil
en kry die kasset speler reg. Teen die
tyd dat alles reg is en werk, is die jakkals weg. Hulle ry deur die hek na volgende kamp en ry
teen die land se kant af. Hulle het nie
200 tree gery nie of die jakkals is weer daar.
Hulle speel vir hom sy musiek en
hy kom nader gehardloop. Hy bly in die
lang gras op en af hardloop. Hy kom nie
so dat hulle hom kan
skiet nie. Eindelik is hy weg. Hulle begin weer ry en soek. Hulle kry die oë van twee maanhare saam met die
jakkals. Die jakkals is nou so wild dat hulle
nie naby hom kan
kom nie. Hulle ry om die kamp en weer
terug deur die hek.
Die
skape het die heel aand al geblêr in die weikamp naby die diesel tenk en die
pannetjie waar hulle ingekom het. Hulle ry
sommer deur die land na die diesel tenk se kant toe. Toe hulle by die skape verbygaan, sê oom
Piet: ”Hier is ‘n oog by die skape!” Op
die land se punt draai hulle om en ry langs die land met die paadjie terug na
die skape. By die skape sê oom Piet:
”Hier is die jakkals!” Oom Sarel vlieg
uit met die ,243 geweer en lê aan oor die dak.
Die jakkals hardloop skuins weg in die lang gras. Hy trek die skoot af en skiet agter die
jakkals vas. Die jakkals vermeerder
spoed en hardloop reguit weg van hulle af.
Oom Sarel lê aan oor die dak en toe die skoot klap, makeer die
jakkals. Hy vat die geweer en gaan soek die
jakkals. Oom Piet beduie hom tot reg by die jakkals. Hy het die jakkals ‘n duim bokant sy stert
ingeskiet en voor by sy bors uit. Hy vat
die jakkals terug bakkie toe. Hulle is
baie bly dat hulle hom het.
Hulle
ry weer om die land en kry die eerstejakkals weer naby waar hulle hom laas gelos
het. Hulle gaan weer deur die hek. Nou begin daar ‘n kat en muis
speletjie. Hy beweeg saam met die
maanhare. Roep hulle hom, wil hy niks
weet nie. Hy kom nie weer nader nie. Toe
oom Sarel weer die hoeveelste keer deur die teleskoop moet kyk om te sien wat
se oog daar voor is, kry hulle hom by die een maanhaar.
Die
maanhaar bly staan en oom Sarel sien hoe die jakkals agter hom na regs
weghardloop. Hy sê vir oom Piet om regs
te lig. Die jakkals is nou behoorlik
ver. Hy maak toe sy laaste fout van sy
lewe. Hy spring op ‘n mierhoop en staan
vir die jagters en kyk. Hy is nou reg
voor die bakkie. Oom Sarel probeer dooie
rus vat oor die dak en die deur. Hy sukkel
om die geweer stil te hou. Die skoot klap.
Oom Sarel vat sy geweer en sit hom in die bakkie. Die skoot klap die skoot daar voor en die
jakals is weg. Hulle ry nader om hom te
gaan oplaai. Die jakkals was behoorlik
ver. Hulle kry hom toe waar hy dood lê
en laai hom op. Dis twee vir die aand.
Nogal nie sleg nie.
Die
volgende dag by die skou wil oom Sai, oom Piet se broer, net weet hoe het hulle
dit reggekry? Almal is te bly oor die
sukses. Hulle moes toe maar die waarheid
hoor. Sien dit werk so: ”Die eerste
jakkals by die skape was te naby om hom te skiet. Ons moes hom eers verwilder dat hy ver genoeg
kan wees vir
sy skoot. Oom Piet het gesê: ”Skiet eers
agter hom dat hy kan
wegkom. Ons moet hom nie met die kruit
brand nie”.
Die
ander jakkals moes hulle jaag tot hy ver genoeg staan vir sy skoot.
Die
twee jagters is baie self tevrede oor hulle sukses met die twee jakkalse.
No comments:
Post a Comment